Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON:  Operasie Shanela, die weeklikse multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie wat op Maandag, 06 Mei 2024 tot Sondag, 12 Mei 2024 begin het, bly doelbewus en gefokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpunte waar menigte suksesse behaal en meer as 350 verdagtes in hegtenis geneem is.
Aksies en polisie-aktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goederesmokkelary.

Verskeie VCP’s en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens altesaam 2 243 voertuie en 5 168 persone voorgekeer en deursoek is.
1345 Voldoeningsinspeksies by tweedehandse goederehandelaars, skrootwerwe, herwinnings, privaatsekuriteit, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede sowel as plase is uitgevoer.
Operasionele suksesse wat behaal is, sluit in die arrestasie van 246 verdagtes vir poging tot moord, aanranding, huisbraak, onwettige besit van vuurwapens, opsetlike saakbeskadiging, onwettige handel in drank, besit van gevaarlike wapens, handel in en besit van dwelms, onwettige mynbou, veediefstal sowel as ongedokumenteerde onwettige immigrante.
Die polisie in Springbok het twee verdagtes suksesvol gearresteer vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en beslag gelê op die voertuig waarmee hulle gery het nadat hulle inligting van die publiek ontvang het oor ‘n verdagte voertuig wat by ‘n winkelkompleks geparkeer was.
Altesaam 110 gesoekte verdagtes is opgespoor en aan die hof gebring vir ontduiking van hofverskynings en oortreding van hofbevele.
Die polisie het beslag gelê op groot volumes alkoholiese drank, dwelms, gevaarlike wapens, diamante en kontant wat glo die opbrengs van misdaad is.
Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het haar dankbaarheid teenoor alle wetstoepassingsagentskappe uitgespreek vir hul volgehoue samewerkingspogings om misdaad hok te slaan.
Sy het ook die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning en die deel van inligting met die polisie.