Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Namakwalandse gemeenskap is die afgelope week geskok deur die nuus - dat ‘n gesiene polisiekaptein, wie bekendheid vir die werk wat hy in die Suid-Afrikaanse Polisie se veediefstal en beskermde en bedreigde spesies eenheid verrig het,  gister deur die Valke op Springbok  in hegtenis geneem is. 
Karel Coetzee Du Toit, ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het in die Springbok-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op verskeie aanklagte.
Die hoogssensititiewe ondersoek na die kaptein se betrokkenheid by onwetige bedrywighede in die Namakwaland, asook glo die res van Suid-Afrika, word glo al vir dekades deur die nasionale teenkorrupsie eenheid in Pretoria ondersoek.


Volgens ‘n betroubare bron van die Gemsbok, is daar ‘n hele rits aanklagte waarvoor die kaptein in die Springbok se landdroshof aangekla word.
Klagtes van korrupsie en onderduimshede met die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens - ter waarde van miljoene rande - is glo net die puntjie van die ysberg.
Du Toit, wat op Springbok gestasioneer is, waar hy bevelvoerder van die Veediefstaleenheid is, staan tereg op aanklagte van alternatiewe diefstal van bedrog, regsverydeling, oortreding van die Toerismewet en korrupsie.
Die staat voer aan dat hy, as ‘n direkteur van Pillansii Tours (Edms) Bpk, sowel as ‘n raadslid vir die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (Jagtersvereniging), instrumenteel was om te verseker dat Jagtersvereniging baat by die hof se vonnisse deur middel van skenkings - wat deel uitgemaak het van die hof se vonnisse wat opgelê is aan diegene wat pleitooreenkomste en/of alternatiewe geskilbeslegting met die staat aangegaan het.
Al het hy die verklaringsvorms voltooi, soos vereis deur SAPD, het hy misluk en die feite wanvoorgestel deur te sê hy kry R750.00 per maand - wat nie ‘n inkomste per se is nie, maar ‘n  fooitjie. Die genoemde wanvoorstellings is gemaak gedurende  2016 tot 2023 begin.
As lid van die SAPD in sy aansoek vir S252A, sou hy nie noem dat hy sy toe-rismebesigheid vir lokvaldoeleindes gebruik nie en nie bekend maak dat hy geld van die gearresteerde buitelandse burgers ontvang het voor die uitvoering van die projek (S252A) nie.
  Die beskuldigde en sy besigheid (beskuldigde 2) is nie geregistreer soos deur die wet vereis ingevolge Toerismewet 3 van, 2014 nie.
 Al was hy in diens van die staat, as ‘n se-nior lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het hy steeds betalings ontvang van buitelandse burgers, wat later aangekla is vir misdrywe wat verband hou met die oortreding van Noord-Kaapse Natuurbewaringswet 9 van 2009, veral A 50 en 51 (handel en versameling van vetplante sonder ‘n permit).
Die beskuldigde is borgtog van R50 000 toegestaan en die saak is tot  1 Augustus 2024 uitgestel.
Sy borgtogvoorwaardes is dat hy elke Vrydag by die naaste polisiestasie moet aanmeld.
Om getuies nie direk of indirek te intimideer nie en moet nie inmeng met die ondersoek van hierdie saak nie.
Die beskuldigde moet die hof bywoon soos en wanneer hy beveel word om te verskyn.