GEMSBOK-Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het boere aangeraai om waaksaam te bly te midde van die uitbreking van miltsiekte en knopvelsiekte in die provinsie.
Boere is aangesê om dierekarkasse veilig weg te gooi wanneer hul vee of wild vir miltsiekte val.
‘n Staatsveearts gebaseer in Kimberley, dr. Mcdonald Gayakaya, sê miltsiekte kan opgemerk word wanneer ‘n dier skielik vrek en bloed uit die neus en mond syfer.
“Omdat diere vrek sonder om enige tekens te toon, wil mense soms net oopmaak en kyk wat die oorsaak is, en sodra hulle oopmaak, is dit waar spore deurkom en dit affekteer beeste, skape, bokke, volstruise, varke en ook mense. Dit is dus waar ons uitdagings kom dat wanneer dit mense affekteer, dit ook verskillende vorme het. Maar dit lei ook tot die dood, so vir ons is dit ‘n baie ernstige siekte, daarom bestempel ons dit selfs in die Wet op Dieresiektes as ‘n beheersiekte.”