GEMSBOK-POSTMASBURG: Ongeag die twee direktiewe wat die nasionale departement van water en sanitasie in 2019 en 2022 aan die Tsantsabane-plaaslike munisipaliteit, om die besoedeling te staak, uitgereik het - blyk dit of die rioolramp op Postmasburg steeds voortwoed.
Dit wil voorkom of die direktiewe op dowe ore geval en blatant geïgnoreer is en die situasie sedertdien verswak het.
Volgens ingeligtes is rou riool steeds in verskeie woonbuurte sigbaar, met ’n ondraaglike stank en ’n duidelike gesondheidsrisiko vir inwoners, veral kinders en bejaardes.
Sommige van die pompstasies blyk buite werking te wees en kritieke infrastruktuur word ernstig verwaarloos. Die 2022-direktief het onder meer verwys na ’n geval waar E-coli in die longe van Leoni Oosthuizen se eenjarige kind gevind is.
Dit is ’n ontstellende bewys van die ernstige gesondheidsgevare wat die voortgesette rioolbesoedeling inhou. Die munisipaliteit se versuim om basiese dienste te lewer en infrastruktuur in stand te hou stel mense se gesondheid en lewens in gevaar.
Daarbenewens word die waarde van eiendomme reeds negatief geraak, wat tot skadevergoedings-eise teen die munisipaliteit kan lei.
In reaksie op ‘n rolspeler se formele klag vroeër vanjaar, het die Groen Skerpioene bevestig dat hulle met ‘n ondersoek na moontlike oortredings van die Nasionale Omgewingsbestuurswet en ander relevante omgewingswetgewing besig is.
Hierdie ondersoek kan tot straf- regtelike vervolging van die verantwoordelike amptenare en die munisipaliteit self lei.
Die rolspelers se klag het gevolg op die neem van watermonsters en ontleding daarvan by ‘n onafhanklike laboratorium.
Dié ontleding het onaanvaarbare besoedelingsvlakke getoon. Volgehoue minagting van nasionale wetgewing, omgewingsbe- skerming en die grondwetlike reg op ’n gesonde leef omgewing is onaanvaarbaar.
Dit is duidelik dat die Tsantsabane-plaaslike munisipaliteit beide die 2019 en 2022-direktiewe steeds ignoreer.
Dit laat min twyfel dat sterk maatreëls nou noodsaaklik is, wat sal verseker dat die munisipaliteit aan die minimum standaarde voldoen en besoedelde areas rehabiliteer.
Rolspelrs doen ’n beroep op die departement om onmiddellik teen die munisipali- teit op te tree en die Groen Skerpioene se ondersoek met alle nodige dokumentasie en bewyse te ondersteun.
Die tyd vir verskonings is verby, inwoners van Postmasburg verdien ’n skoon, veilige en waardige leef omgewing.