GEMSBOK-POFADDER: Die Pofadder Streekshof het die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 33-jarige man verseker, vir ernstige seksuele oortredings en verwante misdade, wat teen ‘n minderjarige slagoffer gepleeg is.
Die oortredings het op 1 Julie 2023 plaasgevind toe die beskuldigde die slagoffer oor ‘n tydperk van twee dae ontvoer, aangerand, beroof en herhaaldelik seksueel aangerand het.
Vonnisse soos volg opgelê: Aanranding: 6 maande gevangenisstraf. Roof: 3 jaar gevangenisstraf
Ontvoering: 2 jaar gevangenisstraf. Verkragting (aanklag 1): 25 jaar gevangenisstraf (5 jaar opgeskort). Verkragting (aanklag 2): 25 jaar gevangenisstraf (5 jaar opgeskort) Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Daarbenewens is die naam van die beskuldigde op die Nasionale Register van Seksuele Oortreders geplaas en hy is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit ingevolge Artikel 103 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000).
Die saak is suksesvol vervolg deur mnr. Basil Kock, met speurdersersant Rowen Nortje wat die ondersoek gelei het. Hul gesamentlike pogings het verseker dat geregtigheid geskied. Die Namakwa-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, het die vinnige polisie-reaksie, die deeglike ondersoek en die slagoffer se dapperheid om na vore te kom, geprys. Hy het die toewyding van die SAPD herbevestig om die kwesbaarste, veral kinders, te beskerm en te verseker dat oortreders van geslagsgebaseerde geweld die volle mag van die wet in die gesig staar.