Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok K9-eenheid, Openbare Orde Polisie, SAPD Grenspolisie, Departement van Binnelandse Sake en SAID Doeane het toegeslaan op verskeie winkeleienaars van Bangladesj en beslag gelê op tabakprodukte ter waarde van sowat R1 miljoen.
Op Vrydag, 08 Maart 2024, omstreeks 11:00, het die operasionele span inligting oor beweerde vervalste sigarette en tabakprodukte opgevolg en op vyf winkels in Bergsig, Carolusberg en Okiep in Springbok toegeslaan.
Die span het beslag gelê op 217 kartonne sigarette en ‘n groot hoeveelheid Afzal-tabak met ‘n geraamde straatwaarde van R1 miljoen.


Die eienaars is met ‘n sewe dae kennisgewing bedien - om die oorspronklike dokumentasie van die aankoop van hierdie goedere te verskaf.
Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die span geloof vir die onverpoosde ontwrigtende optrede en herhaal dat die SAPD en alle relevante rolspelers meedoënloos bly in ons pogings om die onwettige handel in vervalste goedere te ontwortel, aangesien dit ‘n nadelige impak op die ekonomie van ons land het.