Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KENHART: Die voort-vlugtende verdagte, wat daarvan verdink word dat hy sy eie babaseun vermoor het, is ondanks ‘n grootskaalse soektog deur die SAPD en lede van die gemeenskap, sedert Sondag 10 Maart 2024 steeds op vrye voet.
Die soektog kom nadat die lyk van ‘n twee maand oue baba dieselfde Sondag in ‘n veld by Kenhardt gevind is. 
Die baba se 29-jarige pa, Wouter Pieterse, het na bewering die baba gevat ná ‘n rusie Saterdag met die baba se ma. Die baba se 29-jarige pa, Wouter Pieterse, het na bewering die baba gevat ná ‘n rusie Saterdag met die baba se ma. 

Volgens oorlewering is Wouter, ná die onderonsie, met sy twee maand-oue baba in ’n rugsak weg.
Die voorval is by die polisie aangemeld wat ‘n soektog na die pa en baba geloods het en kort daarna die liggaam van die baba in ‘n veld naby sy ouerhuis op Kenhardt ontdek het. 
Daar word geglo die baba is vermoor.
 Daar is aanvanklik ’n beloning van R2 000 beloof vir die persoon wat weet waar Wouter is- sodat hy gearresteer kan word.
Die beloning vir Wouter se opsporing   is intussen verdubbel na R4000.
Die soektog na die vermeende babamoordenaar word tans beskryf as ‘n kat-en-muisspeletjie wat met die soekgeselskappe gespeel word.
Hoewel inwoners van Kenhardt vertel dat hulle hom al gewaar het, is Pieterse sedertdien nog nie weer gesien nie. 
Hy is glo al naby ’n kerkie gesien, maar het daarna gevlug. “Wouter was glo met ’n groot mes gewapen; daarom het die persoon weggehardloop en ons kom vertel.”
Lede van die gemeenskap het intussen op sosiale media gedreig om reg in eie hande te neem, sou hulle Wouter raakloop.
Die polisie in die Noord-Kaap het intussen bevestig dat hulle ‘n saak van moord ondersoek, nadat die lyk van ‘n twee maand-oue baba Sondag in ‘n veld in Kenhardt gevind is. 
 Die provinsiale polisiewoordvoerder, Omphile Masegela sê enigiemand wat weet waar Pieterse is word gevra om ao Elrich Minies by 060 984 3520 te kontak.