Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-polisie het beslag gelê op vier vuurwapens en ammunisie en twee mans suksesvol gearresteer ná ‘n operasie in Kuruman.
Op Vrydag, 19 April 2024 om ongeveer 07:00 het lede van John Taolo Gaetsewe Distriks-hoofwegpatrollie bygestaan deur die Openbare Orde Polisie, K9 Eenheid, Kuruman Sigbare Polisiëring en Speurders inligting opgevolg en op ‘n huis in Kuruman toegeslaan.


Die lede het beslag gelê op vier vuurwapens, ammunisie, pangas en messe wat op die perseel gevind is.
Twee manlike verdagtes, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, is aange-kla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en gevaarlike wapens.
Die verdagtes sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.
Die Provinsiale Kommissaris vir die Noord-Kaap, luitenant-gene-raal Koliswa Otola, het die SAPD-lede geloof vir hul vinnige reaksie en onverpoosde pogings om die verspreiding van onwettige vuurwapens in ons provinsie te bekamp.