Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Operasie Shanela, die weeklikse multidissiplinêre hoëdigtheid-operasie, het vanaf Maandag, 15 April 2024 tot Sondag, 21 April 2024 begin met die fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpunte.
Aksies en polisie-aktiwiteite wat tydens die ontwrigtende aksies uitgevoer is, sluit in voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nako-mingsinspeksies, smokkel van dwelms en ander kommoditeite.
Voertuigkontrolepunte (VCP’s) en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 2270 voertuie en 4617 persone voorgekeer en deursoek is.
Die polisie het verskeie aksies uitgevoer wat talle nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, skrootwerwe, herwinners, privaat sekuriteit, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne ingesluit het.
382 verdagtes is gearresteer vir moord, poging tot moord, verkragtin

gsroof, aanranding, huisbraak, opsetlike saakbeskadiging, handel en besit van dwelms, onwettige mynbou, besit van vervalste goedere, besit van vermoedelik gesteelde voorraad, ongedokumenteerde onwettige immigrante, besit van edelmetale asook onwettige handel in drank wat gelei het tot die sluiting van 10 drankwinkels.
143 gesoekte verdagtes is deur speurders opgespoor en gearresteer omdat hulle hofverskynings ontduik het en hofbevele oortree het.
Die polisie het tydens in-speksies beslag gelê op groot volumes alkoholiese drank en nie-ysterhoudende metaal items.
Die polisie het ook beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid dwelms en kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel is tydens verskillende klopjagte en operasies regoor die provinsie.
Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het aangedui dat die sukses van Operasie Shanela te danke is aan die ondersteuning van verskeie gemeenskappe en die multi-dissiplinêre benadering met verskeie rolspelers en ons sal onverpoosd voortgaan om enige onwettige optrede te bekamp en spesiale sorg aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord.