Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PRIESKA: Die Prieska-misdaadvoorkomingseenheid het ‘n 36-jarige Nigeriese  man vir die besit van dwelms in Prieska gearresteer.
Die lede het inligting opgevolg oor dwelms wat by ‘n huis in Madiba Square in Prieska afgelewer is.
Met hul aankoms het die span toestemming gevra om die perseel te deursoek, wat deur die verdagte toegestaan is en mandrax-tablette, kokaïen en tik met ‘n geraamde straatwaarde van R68 490-00 gevind.
Die verdagte is gearresteer en aangekla vir die onwettige besit van dwelms en sal binnekort in die Prieska-landdroshof verskyn.
Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die publiek geloof vir die aanmelding van misdadigheid by die polisie.
Sy het die lede van die Prieska-misdaadvoorkomingseenheid geloof vir die vinnige reaksie.