Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-CALVINIA: Die Noord-Kaapse SAPD verwelkom die verkragtingsvonnis wat onlangs aan twee mans van Calvinia opgelê is vir die verkragting van ‘n minderjarige.
Op 6 November 2022 omstreeks 22:00 was die 14-jarige vroulike slagoffer op pad huis toe, vanaf ‘n snoepie ,toe sy die twee mans ontmoet het.
Die mans het haar vergesel en haar later na ‘n nabygeleë veld gesleep waar hulle haar om die beurt verkrag het.
Janere Rossouw (28) en Randall Snyders (21) is dieselfde dag in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly totdat hulle gevonnis is.


Beide die beskuldigdes het op 19 April 2024 skuld beken en is as volg vir verkragting in die Calvinia-streekhof gevonnis:
 Janere Rossouw is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort is.
 Randall Snyders is tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan 6 jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het speur adjudant offisier Charl Blignaut van die Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir sy noukeurige ondersoek wat gelei het tot die uitstaande GBVF-vonnisse.