Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-OKIEP:Twee verdagtes het Maandag 26 Januarie 2026 in die Springbok-landdroshof verskyn,  na hul inhegtenisneming op Sondag 25 Januarie 2026 vir beweerde oortreding van die Wet op Natuurbewaring 9 van 2009, Artikels 50 en 5.
Dit volg nadat hulle na bewering beskermde plante in die Steinkopf-gebied ge-steel het.


Die verdagtes, tussen 21 en 28 jaar oud, is op 25 Januarie 2025 omstreeks 08:40 in Okiep in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes is in besit gevind van beskermde plante ter waarde van duisende rande.
Die distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, het verklaar dat die natuurlike fauna en flora van die Namakwa nie te koop is nie en dat diegene wat probeer om die plante te stroop, weerstand van die SAPD sal ontvang.
Die waaksaamheid en vinnige optrede van die polisielede het gelei tot die inhegtenisneming van die ver-dagtes. Dit stuur ook ‘n sterk waarskuwing aan stropers dat die polisie hul bedrywighede sal toeneem en die ruimte vir hulle sal beperk om te opereer.