Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-DOUGLAS: Die Minister van Water en Sanitasie, mev. Pemmy Majodina, het saam met premier Zamani Saul ‘n opgeknapte watersuiweringsaanleg aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
 Die opgeknapte Douglas-waterbehandelings- werke  dien as ‘n rouwater-onttrekkingspunt vir watersuiwering en -voorsiening aan die dorp en omgewing.
Die bestaande suiweringsaanleg het nie doeltreffend gewerk nie, aangesien dit sy 30-jaar ontwerplewensiklus oorskry het en dringend opgeknap moes word.


Die omvang van die revitaliseringsprojek van R28 miljoen het die opknapping van die watersuiweringsaanleg, die algemene rehabilitasie- werk van die aanleg en die installering van ‘n 200 KVA noodkragopwekker behels.
Die Douglas-waterbehandelingsaanleg het aanvanklik gesuiwerde water met ‘n ontwerpkapasiteit van 3.8 megaliter per dag (ML/pd) verskaf, maar is opgegradeer om 7 ML/pd te verskaf aan die bevolking van 22 180 persone wat in 4 704 huishoudings in die gebied van Douglas woon.
Premier Saul het gesê die oorhandiging van die Douglas-aanleg demonstreer die regering se verbintenis tot dienslewering en volhoubare ontwikkeling.
“Die nuut opgeknapte waterbehandelingsaanleg sal verseker dat die fundamentele reg op die voorsiening van skoon en vars water aan elke burger van hierdie land verseker word, soos dit in die Grondwet vasgelê is,” het premier Saul gesê.
“Ek moet verder byvoeg dat groot vordering gemaak is om toegang tot skoon en drinkbare water in die Noord-Kaap te verbeter, met 84.4% van huishoudings wat toegang het tot veilig bestuurde sanitasie en ongeveer 80.1% wat toegang het tot pypwater binne hul wonings.
“Net meer as 90% van huishoudings in die provinsie maak staat op ander bronne soos fonteine ​​en boorgate. Hierdie statistieke help ons om die trajek van water- en sanitasievoorsiening in die provinsie te verstaan, en dit is ook belangrik om die bydrae van die Departement van Water en Sanitasie te erken om te verseker dat diens- lewering verbeter word,” het die premier gesê.
Die premier het ook die historiese erkenning toegejuig wat aan die Douglas-keerwal gegee is, wat bydra tot die besproeiing van meer as 8 000 hektaar, wat beide gewasproduksie en veeteelt ondersteun.