Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die direkteur generaal van die departement Water en Sanitasie, dr Sean Phillips, was verlede week op Upington waar  belanghebbendes bymekaar gekom het om oor die wysiging van die Nasionale Waterwet (NWA) en Wet op Waterdienste (WSA) te praat.
Die Departement van Water en Sanitasie het 'n proses begin om die nasionale waterwet te wysig. Die doel is om uitgebreide konsultasies in Suid-Afrika te hou wat nodig is vir wetgewing wat die huidige en toekomstige, geslagte sal bevoordeel. Dit sal op sy beurt sal billike watertoewysing aan almal verseker en die toegang en gebruik van water en sanitasie, optimaliseer.
Die wysigings van die twee wetgewings sal die rol van die Departement as ‘n reguleerder van die water- en sanitasiesektor  dus beslissend om sosio-ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar, aanspreek.

Tydens die konsultasie, wat by die Desert Palace Casino gehou is, is  die leemtes wat in beide die twee wette geïdentifiseer is,  in sy huidige vorm, aangespreek. Sommige van hierdie leemtes is om verskillende redes as verbiedend beskou om transformasie in die watersektor, dienslewering en in die bestuur van waterbronne te verseker.
Die provinsiale hoof van die Departement Water en Sanitasie,  me Iketletso Lekalake het  gesê die  huidige wysiging word veroorsaak deur die onvermoë om sosio-ekonomiese uitdagings aan te spreek as gevolg van ongelykheid in watertoewysing; onvoldoende voorsiening van toegang tot watervoorsiening en sanitasiedienste; die stadige pas in die hantering van die kwessie van vorige waterregte en die bereiking van die teikens vir watertoewysingshervorming.
 Sy het gesê die openbare konsultasiereeks sal in al die nege provinsies plaasvind en sal tot 1 Maart 2024 gehou word soos per die koe-rantkennisgewing wat op 17 November 2023 uitgereik is.
 Me Iketletso Lekalake het die doelwitte van hierdie inisiatief as volg verduidelik: “In terme van die wetgewende proses en binne die konteks van grondwetlike demokrasie, en soos verskans in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, is dit noodsaaklik en ‘n vereiste om openbare deelname deur middel van hierdie soort konsultasies te begin om te verseker dat insette ontvang van diegene wat geraak gaan word, in hierdie konteks julle as belanghebbendes.” 
Sy het verder gesê dat die konsultasieproses ten doel het om die rasionaal vir die voorgestelde sleutelwysigings aan die Waterdienste en die Nasionale Waterwette bekend te stel.
Me Lekalake het gesê die sleuteluitdaging in die sektor, is 
• Sektorvolhoubaarheid 
• Afnemende diens-leweringstendense 
• Transformasie/ billike toewysing van water 
Die sleuteluitkoms wat die sektor wil bereik, is volhoubare waterdienstelewering tot voordeel van die gemeenskappe. 
Die langtermyndoelwit van die ver-anderinge is om die skepping van professioneel bestuurde, be-kwame doeltreffende en finansieel volhoubare WSP’s te ondersteun. Billike toe-wysing van water om transformasiedoelwitte te bereik 
Me Lekalake het gesê die openbare konsultasies is deursigtig omdat die departement alle openbare platforms wat beskikbaar is gebruik om publieke deelname te verseker, soos per grondwet.