Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PABALLELO: Die verhoor waarin drie mans van Paballelo, Upington, op aanklagte van moord - nadat ’n 14-jarige wreed vermoor is oor dagga, word in Februarie voortgesit..
 Nadat die verdagtes Elvis Bongani Sikepe (38), Isaacs Vywers (19) en Thomas Christopher Rodney Lebit-sa (19) verlede week vlugtig in die Upingtonse landdroshof verskyn  het, is die saak weer uitgestel vir instruksies van die Direkteur van Openbare Vervolging aangaande die verhoorforum.
 “Daar word beweer dat die beskuldigdes, op Dinsdagaand  1 Augustus verlede jaar,  by die slapende slagoffer se huis aangekom het  en geëis het dat hy dagga teruggee wat hy glo gesteel het.”

 
Die slagoffer het eers ontken hy het die dagga gesteel het, maar Sikepe het glo gedreig om hom en sy vriende dood te maak omdat hy sy dagga gevat het.
Die beskuldigdes het Diteho toe na bewering teen sy wil met hulle saamgeneem. 
Die volgende dag het Sikepe die slagoffer na die plaaslike hospitaal geneem met ernstige brandwonde aan sy lyf. 
Diteho het later aan sy wonde beswyk. 
Deon Diteho, Theo se oom en die familiewoordvoerder, sê een van die beskuldiges, Elvis Sikepe (38), is ’n familievriend. Theo het hom ‘Boetie’ genoem. Hy beskryf Theo as ’n lewenslustige kind, gehoorsaam en met ’n stoute glimlag.
Volgens Diteho het Sikepe beweer dat Theo homself gebrand het en dat die familie hospitaal toe moet gaan. Sikepe het ook brandwonde aan sy hande gehad, maar het beweer hy het dit opgedoen omdat hy Theo probeer help het.
Volgens Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, is al drie beskuldigdes in aanhouding aangesien hulle borgtogaansoek onsuksesvol was.