Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KENHARDT: Sedert die geboorte van Team Gin - ‘n meisies rugbyspan van Kenhardt - in Februarie 2022 - het hierdie span behoorlik opslae in die skole rugbywêreld  gemaak!

Stigter en afrigter, Gabriël Titus, het die meisies gehelp om die span te begin en baie deure het vir die dames oopgegaan in die laaste twee jaar.

In Julie vanjaar het vyf van Team Gin se meisies Elneisha Esau, Jazlien Witbooi, Cageley Jors, Aneshia Steenkamp en Zondrea Speelman vir hulself plek losgespeel in die Griekwa 0/16 span - terwyl een van die meisies - Aneshia Steenkamp gekies was as die onder-kaptein  en Zondrea Speelman as die kaptein vir hierdie span.

Twee spelers is gekies vir die Griekwas 0/18 span, Jesmodine Esau en Audrey De Kock - Audrey is gekies as die onder-kaptein vir die span.

Team Gin het verlede naweek deelgeneem aan ‘n 7’s toernooi in Knysna.

Hulle eerste wedstryd was teen Fairbain College  waar die Kenhardt se meisies hulle 12-5 klop. Katelynn Bennett het altwee drieë gedrik en Maiah Dyers het een oor geskop.

Hulle tweede wedstryd was teen Curro-Delft JAG 2, maar Team Gin moes die spit 25-10 afbyt. Die keer het Cageley Jors en Katelynn Bennett agter die pale gaan kuier.

Hulle derde wedstryd was teen Sophumelela HS -  hulle   klop Team gin 25-7. Cageley Jors het gaan druk en Maiah Dyers het oorgeskop. Dit het ongelukkig gemaak dat hulle 3de eindig en nie die semi-finale kon speel nie.

 Om deel te wees aan hierdie toernooi was ‘n groot voorreg vir die span. Hulle kon nie net rugby gaan speel nie, maar ook die mooiheid van die dorp aanskou. Die spelers  sê dat hulle definitief volgende jaar terug sal gaan en beter terug kom as 3de plek.