Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-AUGRABIES: Augrabies Waterval Nasionale Park het verlede week weer die gewilde Kids in Parks-program aangebied. 
Dit is die eerste keer sedert COVID 19 wat die program weer vir talle kinders uit die omgewing gehou is.
Kids in Parks is 'n ten volle befondsde, drie dae en twee nagte, program. Dertien skole uit die Keimoes-omge-wing het deelgeneem en het dit baie geniet om oor hul natuurlike en kulturele erfenis te leer.
Van die vele hoogte-punte is, onder andere om dierespesies soos kameelperde en bobbejane vir die eerste keer in hul lewens te sien en in 'n tent uit te kamp. 


Die program sluit aktiwiteite in soos ken jou parke en wildritte.  Die kinders het ook meer geleer oor die belangrikheid van bome, bekamping van besoedeling, 'n “Siyaya Go Wild” film aand, baie pret en speletjies. 
Leerders van elke skool ontvang ook twee bome om aan die einde van die program by hul skool te gaan plant, het Christine du Plessis, SET bestuurder van die Ariede Streek, gesê.