Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Andrew Richard Orange  is verlede Vrydag nà 'n kort siekbed hier in die Harry Surtie-hospitaal oorlede. 
Hy was 73 jaar oud en sou op die 27ste van vandeesmaand sy 74ste verjaardag gevier het. Sy skielike heengaan het as 'n groot skok in die gemeenskap gekom.
Andrew was 'n geliefde persoon in Upington se gemeenskap en dit was veral in die onderwys en op sport gebied waar hy talle skoolkinders met sy positiewe geaardheid geìnspireer het om altyd hoog te mik in die lewe.


Nadat hy in 1970 matrikuleer het aan Carlton-Van Heerden het Andrew hom nà drie jaar se opleiding as onderwyser bekwaam aan die Opleidingskollege Hewit in Kaapstad.
Daar het die jongman sy krieket-en rugbytalente met mening uitgestal en was dit dus geen verrassing toe hy die kollege se eerstespanne in diè sportsoort verteenwoordig het. Andrew het daarna die SA-studente rugbyspan ook gehaal as agsteman.
Toe hy begin skoolhou by Carlton het hy sy rugbykennis en ervaring met sy leerlinge gedeel. Hy was baie betrokke by die afrigting van die skool se rugby-en krieketspanne. Sy rugbyloopbaan het begin by die klub Collegians en daarna was hy 'n gereelde keuse as agsteman en later het hy ook die NWK se spanne in die vaskopstut geanker.
Hy was hier 'n sterke derduiwel wat sy man in die skrums terdee gestaan het. Andrew het na hy rugby vaarwel toegeroep het, hom as 'n bedrewe afrigter van die NWK-spanne bewys. Sy liefde vir sport het later uitgekring na die gholfbaan waar hy die Eureka Gholfklub in talle kompetisies verteenwoordig het. Hy was baie kompeterend op die baan en het oor 'n geweldige afslaan beskik wat sy teenstanders ontsenu het. Dit was geen wonder toe hy die gesogte Noord-Karoo Gholfkompetisie voor gedugte teenstand van 'n Johnny Williams en Richard Ward weggeraap het.
Andrew het ook 'n draai gaan maak by Saul Damon vir etlike jare en daarna was hy ook skoolhoof by die Laerskool Kalksloot. Op geestelike gebied het hy as kerkraadslid die Verenigde Gereformeerde Kerk in Upington getrou gedien.Hy was ook lid van die museum se vriendekring en hier het hy sy belangstelling getoon in die ryke erfenisgeskiedenis van ons dorp.
Andrew was getroud met 'n Kaapse nooi Lorna Douglas, 'n onnie van beroep. Uit hul huwelik is drie seuns, Nathan, Lindsey en Tyrone gebore.
Talle boodskappe van medelye het in die week op sosiale media verskyn en een van 'n vriendin, Louise van der Westhuizen lui soos volg: "Leerder, oud-kollega en vriend, broer en matriek-onnie. Groot sportman, kranige rugbyspeler, Noord-Karoo gholfkampioen, onder-voorsitter van Griekwaland-Wes Skolesport, gesinsman, familieman, omgee-mens en groot musiekliefhebber!"
Daar sal 'n roudiens Saterdagoggend om 08:00 vanuit die VG Kerk plaasvind wat gevolg sal word deur 'n privaat verassing.
Andrew laat drie seuns, 'n kleinseun Alexander (12), twee broers en ses susters na.
      ** Berig: Nick Pretorius