Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Hoërskool Upington  Graad 11 Verbruikerstudie leerders het onlangs die veel- besproke  Klein Jan Restaurant besoek.
Klein Jan is die bekroonde restaurant by Tswalu Kalahari Lodge  waarby die Michelin Star sjef, Hendrik van der Westhuizen, betrokke is.
Tswalu is naby Van Zylsrus geleë, sowat 210 km van Upington af.
Amorize Oberholster, die Verbruikerstudie-juffrou van Uppies, sê haar idee agter die uitstappie na Klein Jan is omdat baie leerders nie altyd die geleentheid kry om sulke unieke plekke te besoek nie.


“In die 2de kwartaal het ons as Verbruikerstudie graad 10 tot graad 12 ‘n “Langtafel” by die skool gehou en daar het ek net besef dat die leerders ook ‘n liefde vir die vak het soos ek. So, ek probeer my bes om geleenthede raak te sien waar ek die kinders heen kan vat of iemand kry wat met hulle kom gesels, net om hulle bewus te kan maak van wat daar buite is.”, het juffrou Amorize afgesluit.
Twintig leerders, juffrou Oberholster en Gerhard Visser het die tog na Klein Jan aangepak. Hulle het 11:00 daar aangekom en is verwelkom met ‘n handewas. Daarna het hul vir die groep meer vertel van die ou plaashuis en dat dit nog die oorspronklike huis is, net hier en daar het iets kleins verander.
Die groep is deur die plaashuis geneem, daar was ‘n baie lekker reuk in die huis wat jou herinner aan die dae toe jy by jou ouma en oupa gaan kuier het.
Juffrou Amorize vertel verder: “In die agterkant van die plaashuis staan daar ‘n sinkdam, windpomp en ‘n ou wasgoedlyn waar al die lappe hang in die son.  Wanneer jy die sinkdam binnegaan is dit die mooiste prentjie tot onder in die "pantry",  alle verskillende tipe sout, bossies vanuit die veld, neute ens, dit was ongelooflik.”
Die leerders het ‘n "snack" ontvang, “shortbread cookie” met neute.
Een van die sjefs het die leerders vergesel na die "infinity room" waar hulle ‘n nagereg voorberei het. Die leerders het ook daarmee gehelp. Die leerders het baie vrae gevra, ook hoe om eendag by Klein Jan te kan werk, waar moet jy studeer, ensovoorts.
Die groep het ‘n gevulde meringue ontvang, ongelooflik lekker met verskillende teksture en smake in een, glad nie wat jy verwag as jy net so na die gereg kyk nie.
Na die lekker ervaring het die groep Uppies terug beweeg na die plaashuis en ‘n groepfoto geneem bo op die  "infinity room". Daar het elke leerder ‘n joernaal ontvang as geskenk van Klein Jan.
“Die personeel by Klein Jan was ongelooflik, het ons baie welkom laat voel, vriendelik gewees en die kinders se vrae so mooi beantwoord. Hulle was ‘n groot inspirasie vir die leerders. 
Vir almal daar kan ons net dankie sê vir die wonderlike geleentheid,”sluit   Amorize af.