Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-ONSEEPKANS: Die Onseepkans-gemeenskap het saam met die  Kleinbegin Kleuterskool, die opknapping van die drie Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) klaskamers, gevier.
Hierdie geleentheid het die merkwaardige impak van samewerking en vennootskap  tussen ouers, jong kinders, versorgers, verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys en die vier plaaslike sonkragprojekte, beklemtoon.
Die sonkragprojekte het saam bygedra tot die befondsing van hierdie opgradering.
Die verbeterings is 'n nuwe hoofstuk vir die sentrum, wat nou 'n veiliger en meer stimulerende leeromgewing, vir die kinders bied. Hierdie geleentheid, het nie net die fisiese verbeterings aan die fasiliteite ge-vier nie, maar het ook 'n gedeelde verbintenis beklemtoon, om die potensiaal binne elke kind te koester.


Harrisinah Theka, ekonomiese ontwikkelingspesialis by Konkoonsies Solar Power,  sê hulle ondersteun die sentrum om die nasio-nale standaarde van gemeenskapsdienste te verbeter.  “Kleinbegin Kleuterskool, wat 34 kinders bedien, het voordeel getrek uit hierdie kollektiewe pogings van die omliggende plaaslike sonkragaanlegte.
Strukture is herstel, die klaskamers het toerusting en opvoedkundige muurskilderye gekry -  alles gemik op die skep van ‘n veiliger en meer innemende leeromgewing.”
Rene Rooy, ‘n praktisyn by die sentrum, het die gemeenskap se waardering uitgespreek, “Die opgradering, insluitend die vervanging van ‘n veiliger heining, asook die opknapping en toevoeging tot die speelgrond, beteken baie vir ons. Ons diepste waardering vir hul vrygewigheid.”