Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Geweld in skole, veral tussen leerders en onderwysers, het in ‘n ernstige pandemie ontaard. 
Dit is die afgelope week weer duidelik gemaak, nadat  ’n leerder (17) van die Hoërskool AJ Ferreira op Upington  ’n onderwyser aangerand het, toe hy hom konfronteer omdat hy glo dagga op die skoolterrein gerook het.
Leon Biergaard, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het aan die media gesê dat die situasie glo verer-ger het, toe die onderwyser die leerder na die skoolhoof se kantoor geneem het, wat daartoe gelei het dat die leerder die onderwyser in die gesig geslaan het. 
Die onderwyser het beserings opgedoen, insluitend ’n beseerde vinger en sigbare merke aan sy lyf.


“Die onderwyser voel al geruime tyd onveilig by die skool as gevolg van leerders wat onder die invloed van drank en dwelms skool bywoon en dan in opstand kom wanneer hy of sy deur onderwysers gekonfronteer word. Sulke voorvalle het vrees by personeel en medeleerders veroorsaak,“ sê Biergaard.
Die saak is onmiddellik aan die Departement van Onderwys in Upington aangemeld. 
Volgens inligting was daar die afgelope tyd ‘n toename in geweld, dreigemente en intimidasie teenoor opvoeders en leerders  by dié skool. 
Die onderwysers en leerders by AJ Ferreira is tans bekommerd oor hul veiligheid by die skool. 
In reaksie op die aanranding is tugstappe teen die leerder gedoen, wat gelei het tot sy verwydering van die perseel. Die onderwyser het ook ’n klag van aanranding teen die leerder ingedien.
Die insisdent wat op Donderdag, 24 April, plaasgevind het, het gelei tot ‘n betoging deur onderwysers van ’n skool - weens kommer oor hul veiligheid by die skool. 
 Die onderwysers voel die departement hoor hulle nie. Hulle wil die reg hê om dissipline binne die skoolomgewing te kan afdwing. 
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is besorg oor die situasie by die Hoërskool AJ Ferreira, sê Geoffery van der Merwe, woordvoerder. “Onderwysers het … ’n betoging by die skool gehou wat leer en onderrig ontwrig het ná die beweerde aanranding.
“Die departement het ’n petisie van die onderwysers ontvang en sal onmiddellik aandag gee aan die eise wat geopper is. Ons het ook ons distrikskantoor opdrag gegee om die bewerings te ondersoek en onmiddellik stappe teen die geaffekteerde individue te doen.”
Van der Merwe sê skoolveiligheid is ’n prio-riteit vir die departement en het die potensiaal om leer en onderrig nadelig te beïnvloed. “Ons doen ’n beroep op die skoolgemeenskap van AJ Ferreira om saam met ons te werk om ’n skoolomgewing te skep wat bevorderlik is vir kwaliteit openbare onderwys.”
Die volgende maatreëls word in die onder-wysers se griefskrif aangevra: 
* ouerbetrokkenheid as ‘n wyse om die arms van die opvoeders te versterk; 
* persoonlike netheid van leerders; 
* departementele inmenging oor dissiplinêre aangeleenthede;  * die toelating van nuwe leerders wat dissiplinêr probleme gee by ander skole;  * AJ Ferreira is moeg daarvoor om ‘n “dumping site” van ander skole se geskorste leerders te word;    * implimentering van ‘n doeltreffende stelsel vir die hantering van dissiplinêre sake; 
* verhoogde sekuriteit op die skoolterrein en verbeterde ondersteuning vir opvoeders en leerders.   Die departement het Maandag met die onderwysers van die skool vergader, in ‘n poging om die situasie te beredder.