Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR van onderwys in die Noord-Kaap,  Abraham Vosloo, het Vrydag die samesmelting van twee van Upington se oudste laerskole, die Primêre Skool Op Die Voorpos  en die Voorbereidingskool Fanie Malan, in Upington behartig. 
Die geskiedkundige oomblik dui die nuwe begin van ‘n splinternuwe skool, stewig gewortel in ‘n trotse verlede aan.
Beide Fanie Malan   (76 jaar oud) en Op die Voorpos  (140 jaar oud) dra ryk geskiedenisse, gevorm deur jare se diens, toewyding en opvoedkundige uitnemendheid binne die Upington-gemeenskap. 


Elke skool het betekenisvol bygedra tot die akademiese, kulturele en morele ontwikkeling van generasies, se skoolkinders. 
“Hierdie samesmelting wis nie daardie nala- tenskappe uit nie; eerder eer en bewaar dit hulle, terwyl dit ‘n verenigde pad vorentoe smee,” het die seremoniemeester, mnr Jacques Swanepoel, in sy toespraak gesê.
Die nuwe skool, Upington Laerskool, sal as ‘n baken van hoop staan ​​en die breër gemeenskap van Upington dien. 
LUR Vosloo het na die skool verwys as ‘n nuwe skool met ‘n ryke geskiedenis van twee skole met meer as twee eeue se waardes en wenresepte om ‘n rolmodel laerskool in die Noord-Kaap te word.
Die samesmelting bied vele voordele op administratiewe en logistieke vlakke aan die bykans 1300 leerders van die skool.
Dit sluit die moontlikheid vir ‘n breër vakkeuse, sportgeleenthede ens in.  
Dit beteken ook dat leerders slegs eenmaal om toelating vanaf Graad R tot Graad 7 tot die skool hoef aansoek te doen.  
Die skool bestuur lyk as volg: 
Juf. Ronel Janse van Rensburg is skoolhoof.
Intermediêre en Senior fase: Mnr. Ernest Beukes is adjunkhoof, mnr. Gerrit Smits, juf Karen Steenkamp en juf. Elsanne du Preez (waarnemend) is departementshoofde.  Grondslagfase: Juf. Mariëtta Swanepoel is adjunkhoof, juf. Marelie Moolman en juf. Millison Springbok is departementshoofde.