Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Diablo Bock, 'n beskeie en briljante matriekleerder van die Hoërskool Saul Damon het te midde van sy moeilike omstandigheid die kruin van die golf bereik met harde werk en 'n onwrikbare wil na sukses. 
Die 18-jarige jongman is verlede jaar aangewys as sy skool se beste matriekleerder met onderskeidings in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuur-en Skeikunde, Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering. Diablo gaan vanjaar 'n Tukkie word waar hy siviele ingenieurswese aan die Pretoria se Universiteit studeer. 
"My pad na sukses was nie maklik nie, maar deur dit alles het ek baie hoop en selfvertroue gekry wat my in staat gestel het om aan die einde van die jaar suksesvol te wees," het hy gesê. Diablo het 'n uitstaande gemiddelde van 81,4% in verlede jaar se matriekeindeksamen behaal. 


Sy pad na sukses skryf hy toe aan baie nagte se studies en die ondersteuning wat hy gekry het van sy ouers en onderwysers. Hy sê in vandag se tyd waar die uitdagings so oorweldig is vir ons jeug, is daar vir hom nie 'n manier om terug te kyk op 'n lewe na 'n donker toekoms nie. "My strewe is na 'n lewe van uitnemendheid en geluk". 
Diablo is die seun van Errol Kella en Beverly Bock van Upington. Hy het ook drie sussies en 'n boetie wat nog skoolgaan. "Ek wil 'n aansporing vir hulle wees. Hulle moet kyk na my suksesverhaal op skool," sê hy. 
'n Inskrywing op die skool se facebook lui soos volg: "To Diablo: Your story uplifts us. Your achievement inspires us. Your future is bright, and we are proud to have walked this part of the journey with you. Congratulations,  Diablo Bock. You are proof that hope rises".                               
* Foto en berig: Nick Pretorius