Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-POFADDER: In ‘n poging om vaardighede in Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie en Engels (STEM) te ontwikkel en leerderopname te stimuleer, word opvoeders van drie plaaslike skole in die Khai Ma-area toegerus met gespesialiseerde onderrigvaardighede.
As ‘n kritieke eerste stap in die stimulering van ‘n verhoogde opname van STEM-vakke onder hul leerders tot en met matriek, is hierdie inisiatief ontwerp om leerders se fundamentele vaardighede te verbeter en hulle gereed te maak vir toekomstige STEM-loopbane.


“Die program sal ons in staat stel om met meer selfvertroue te onderrig en ons onderrigvermoëns te verbeter om beter resultate en leerderbegrip te behaal. Op sy beurt sal dit meer leerders aanmoedig om STEM-vakke te kies en loopbane in STEM te volg,” het mev. B. Ruhl,‘n onderwyser by Laerskool Pella en begunstigde van hierdie program, gesê.
Hierdie program, wat deur Protec geïmplementeer word, is gerig op die graad 8 tot 10 leerstrome wat byna 200 leerders en 11 onder-wysers regoor Hoërskool Boesmanland in Pofadder, Pella RK Primêr in Pella en St Philomena RK Primêre Skool in Onseepkans beïnvloed. Só word onderwysers verbeter en hul begrip en kennis van STEM-vakke versterk.
“Blootstelling aan STEM-vakke help om sleutelvaardighede soos probleemoplossing, kritiese analise, digitale geletterdheid en kreatiwiteit te ontwikkel om leerders in STEM-verwante loopbane in die toekoms te lei, wat in die gebied ontbreek. Hierdie program is veral vir ons belangrik aangesien die Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteit verskeie geleenthede het om toegang tot STEM-loopbane deur sy myne en hernubare energie-aanlegte te kry,” sê Jeremy Prins, maatskaplike prestasie-koördineerder vir Aggeneys Solar en Konkoonsies II Solar, wat hierdie program finansier. 
Hierdie leerder- en onderwyserontwikkelingsondersteuningsprogram het in Maart vanjaar begin, met deurlopende interne werkswinkels en ekstra lesse gedurende skoolvakansies. 
Verder is die skole ook voorsien van IKT-toerusting wat skootrekenaars, projektors en data vir die onderwysers, insluit. Dit sal uiteindelik bydra tot ‘n beter toekoms vir beide onderwysers en leerders in die gemeenskap