Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Meer as tien laerskole in die ZFM-streek het verlede Saterdag deelgeneem aan die “Miss ZFM Primary” skoonheidskompetisie wat plaasgevind het in die Tol Speelman-gemeenskapsentrum. By hierdie glansryke geleentheid is die beoordeling in die grondslagfase, intermedièr en seniorfases gedoen.

Die wenners is hier voor van links, Electna Pretorius (9) van Paballelo Laerskool, Agnetha Schalk (8) eerste prinses, Alexis Swartz (7) Miss ZFM grondslagfase, Luzaan Jaarts, 2de prinses (7) grondslagfase, Joelle Plaatjies (Miss Personality (10) - almal van Franciscus Intermedière Skool - en Micke Springbok (7), Debutante toekenning ( Fanie Malan Laerskool). Agter van links verskyn, Kiara Mani, 2de prinses (Louisvale Intermedière Skool), Nobel Cloete (7) Miss Personality seniorfase (Vooruitsig Laerskool), Camelen Job (13) Miss ZFM seniorfase (Vooruitsig Laerskool), Esmietha van Rooyen (13) Beste Styl-toekenning, Len-Jade Engelbrecht (13) Miss ZFM, Intermedièrefase, Abigail van Schalkwyk (13), 2de prinses seniorfase, Anke Bezuidenhout (12), eerste prinses, seniorfase - almal van Franciscus - en Danique Koetzee (12), eerste prinses, (Oranje-Oewer Intermedièr). 
* AL hierdie leerlinge is gewerf vir die “South African Championships of Performing Arts”. Die geleentheid was deur Toyota (Upington) geborg.
Foto: Nick Pretorius