Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Masakhane Arts Centre het die afgelope week na Ghana vertrek - om Suid-Afrika by die Herritage of Africa Theatre Festival te verteenwoordig.
“Dit is vir ons ‘n besondere voorreg om die enigste groep te wees wat gekies was om Suid - Afrika te gaan verteenwoordig in een van die grootse kunstefeeeste   in Ghana,” so vertel Elcardo Chulu, uitvoerende direkteur van MAC. 
  Die dinamiese kunstegroep gaan hulle beste kulturele dramastuk -      genaamd Silence In The Dark - by die fees op die planke bring. 


Masakhane Arts Centre  is ‘n kunstegroep wat hoop om dwelmmisbruik, sowel as vreemdelingehaat in die land te bekamp, asook om kinders en tieners in Upington en omgewing te leer hoe om kuns te gebruik om die negatiewe sosiale euwels in die lewe te navigeer. 
MAC glo dat verskillende kunsvorme, insluitend skilder, dans en toneelspel ‘n positiewe uitlaatklep vir hul energie en emosies sal wees. 
Die “Masakhane Arts Centre” is ‘n baie passievolle drama groep wat meestal hul talent uitleef deur met nuwe dinge te eksperimenteer. 
Dit het reeds baie jare gelede begin en leef tot vandag toe nogsteeds voort. 
  Die groep se selfgeboude teater, by die Masakhane Arts Centre in Paballelo is ‘n kuns-sentrum, het reeds baie suksesvolle produksies op die planke gebring. Die groep het heelwat kunstefeeste onder die belt. Van die feeste sluit  plaaslike feeste, die Grahamstadse Kunstefees en nou ook internasionale feeste in.
Die afgelope paar jaar hou hulle nie net hul produksies op die planke nie - maar lewer ook heelwat gewilde kortfilms en selfs ‘n vervolg-verhaal of twee op hulle digitale platvorms (Facebook en YouTube). 
Die talente van hierdie jongmense vanuit verskillende oorde is onmeetbaar.