Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys kan met vertroue verklaar dat ons ten volle bereid is om die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamens te administreer gebaseer op die beginsels van regverdigheid, geloofwaardigheid en integriteit.
 Verskeie programme en planne is in plek gestel om seker te maak dat vanjaar se eksamens glad verloop. Die eindeksamen vir graad 12’s sal op Dinsdag, 24 Oktober 2023 ‘n aanvang neem en op Woensdag, 6 Desember 2023 eindig.
Omvang van die 2023 NSS-eksamen
Altesaam 13 097 voltydse en 2 576 deeltydse kandidate sal die NSS-eksamen by 139 openbare skole, 3 onafhanklike sentrums en 4 distrik gevestigde sentrums skryf.


Die Klas van 2023 vorm deel van die groep leerders wat ernstige leerverliese gely het weens die Covid-19-pandemie. Hierdie leerders was in graad 9 toe die pandemie die eerste keer getref het en was ook die laaste groep leerders wat teruggekeer het skool toe, toe skoolonderrig genormaliseer het. Dit impliseer dat die Klas van 2023 een van die groepe leerders is wat die meeste geraak word en daarom ‘n reusetaak het om die 2022-matriekslaagpersentasie van 74,2% verder te verbeter en die 2022 nasionale gemiddelde van 80,1% te oortref.
Ondersteuning gelewer aan die Klas van 2023
Met die aanvang van die 2023 NSS-eksamen net dae weg, is dit alles hande aan die dek vir die onderwysdepartement om leerders te help om hul akademiese doelwitte te bereik. Verskeie datagedrewe intervensies en herstellende maatreëls is geïmplementeer om te verseker dat leerders die nodige ondersteuning kry om hul skoolloopbaan suksesvol af te handel. Hierdie intervensies sluit onder andere die volgende in:
• Saterdagklasse, Toesluitsessies en Psigo-Sosiale Ondersteuning;
• Vakansieskoolkampe (herfs-, winter- en lenteskole)
• Inkubasiekampe
• Voorsiening van tablette aan alle graad 12-leerders gelaai met Edukite-sagteware. Hierdie inisiatief maak leer deur die gebruik van tegnologie nie net toeganklik vir leerders by die skool nie, maar ook in die gemak van hul huise. Boonop het die tablette geen data nodig om te werk nie en is toegerus met voorafgelaaide skoolvakke en innoverende leermateriaal.
• Ondersteuning vir gedifferensieerde inhoud deur Vakadviseurs en
• Kurrikulum Roadshow en Vakklinieke
Die Departement het baie moeite gedoen om te verseker dat die eksamens sonder onreëlmatighede afgeneem word. Die Staatsveiligheidsagentskap het reeds ‘n oudit van die provinsiale drukkery uitgevoer en bykomende veiligheidsmaatreëls word inge-stel om elke vraestel wat gedruk word, op te spoor.
Daarbenewens sal alle kandidate op Vrydag, 20 Oktober 2023 ‘n belofte by ‘n skoolseremonie onderteken om hul nie-deelname aan dade van oneerlikheid tydens die skryf van die eksamen te bevestig. Hoofopsieners en stoorpuntbestuurders is ook intensief opgelei om maatreëls te versterk om eksamenonreëlmatighede te omseil. Provinsiale en distrikmonitors sal ook opgelei word om die uitvoering van die eksamensessies regdeur die provinsie te monitor. Belanghebbendes word dus versoek om in hierdie verband te help deur kandidate te herinner om te verseker dat hulle nie toegelaat word om die eksamenlokaal met ongemagtigde materiaal soos hul selfone en slimhorlosies te betree nie.
Die antwoordstelle van die 2023 NSS-kandidate sal op 7-23 Desember 2023 by drie nasiensentrums nagesien word. ‘n Streng nasienerkeuringsproses is in ooreenstemming met die Personeel Administratiewe Maatreëls (PAM)-kriteria afgehandel om te verseker dat kwaliteitmerk gehandhaaf word. ‘n Uiteensetting van nasienpersoneel word hieronder gelys:
• 930 Nasieners    • 82 Hoofnasieners
• 82 interne moderators  • 3 Sentrumbestuurders
• 6 Adjunk Sentrumbestuurders
• 3 IT Ondersteuning   • 84 Eksamenassistente
Die Noord-Kaap provinsiale uitslae sal op 19 Januarie 2024 bekend gemaak word, wat gevolg sal word deur die jaarlikse Matriektoekenningseremonie.
Plaaslike gemeenskappe word versoek om die 2023-matriekkandidate te ondersteun deur hulle genoeg tyd en ruimte te gee om op hul studies te konsentreer tydens die komende eindeksamen. Dit is deur spanwerk tussen leerders, onder-wysers, ouers en die gemeenskap in die algemeen dat die Klas van 2023 suksesvol kan wees in die eksamens en die toekoms wat op hulle wag.
‘n Oproep word aan die Klas van 2023 gerig om toegewyd te bly tot hul studies en om van elke beskikbare stukkie leermateriaal vir hulle gebruik te maak, om die gesogte sukses te lewer. 
Die Noord-Kaapse departement van onderwys wens die klas van 2023 alles van die beste toe met hul eindeksamen.