Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Vrydag, 13 Oktober sal enigeen wat bygelowig is, se hare laat rys. Veral as hulle hoor dat die Vine Academy and Model Farm op  híérdie dag hul heel eerste opedag gehou het.
Maar vir almal wat wonder, die dag was ‘n reuse sukses.
Daar het ongeveer 150 leerders en 20 onderwysers van hoërskole uit Kakamas, Keimoes, Upington tot so ver soos Onseepkans, het die dag op Kakamas bygewoon. Die Academy is ongelooflik dankbaar en bevoorreg oor hoe die dag uitgedraai het.
Nadat die formaliteite in die studiesaal afgehandel is, het almal buitekant in hulle kleurgroepe  verdeel en toere gedoen van die koshuis en plaas.


Die honger mae is gevul met heerlike worsbroodjies en kleurvolle oliebolle. Daar was onder  andere ‘n reuse skaakstel, ‘n fotohoekie en ‘n rosyntjieproetafel waar verskillende rosyne uitgestal  is, tesame met interessante feite.
‘n Paar industrie-vennote en borge was ook deel van die dag en het hulle stalletjies opgeslaan en  produkte uitgestal.
Die leerders kon tyd by elke stalletjie spandeer en hoor wat hulle aanbied, party was gelukkig 
genoeg om met ‘n waterbottel of pen weg te stap!
Die Vine Academy and Model Farm wil al die skole wat die dag bygewoon het, hartlik bedank, asook al die stalletjies wat deel was - julle almal het bygedra tot ‘n baie spesiale en suksesvolle dag.
Mag 2024 se Opedag net groter en nóg beter wees, het Jancke Beer, die bemarkingsbestuurder gesê.