Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap het die laaste posisie, uit al die provinsies ingeneem met ‘n 75,8% matriek slaagsyfer.
 Altesaam  183 642 antwoordstelle moes deur 930 nasieners, 82 hoofnasieners en 82 interne moderators by vier nasiensentrums in die provinsie nagesien word. 
Die kwaliteitsversekeraar, Umalusi, het die resultate  gesertifiseer.
Die Noord-Kaap het  13 032 voltydse kandidate vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geregistreer. 


Dit is die tweede grootste groep kandidate, oor die afgelope vyf jaar, wat geregistreer het en die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen voltooi het.
Altesaam 190 kandidate kon nie die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen, weens redes soos swak gesondheid en dood in die onmiddellike familie, voltooi nie. Hulle sal toegelaat word om die Nasionale Senior Sertifikaat tydens die Mei/Junie-eksamen te voltooi.
Altesaam 12 842 kandidate het alle vakke in die 2023 NSS-eksamen geskryf, negeduisend sewehonderd veertig (9 740) kandidate het hul finale eksamen voltooi, wat die algehele slaagsyfer van die Noord-Kaap op 75,8% te staan bring. 
Die slaagsyfer vir hierdie jaar het toegeneem met 1, 6% van 74, 2% tot 75, 8%.
Die slaagsyfers vir ons vyf Distrikte is soos volg:
• Die Namakwa-distrik het die hoogste slaag-persentasie van 81,6% aangeteken, ‘n toename van 1,6%;
• Die ZF Mgacwu-distrik het ‘n slaagpersentasie van 81,4% aangeteken met ‘n afname van 2,4%;
• Die Pixley Ka Seme-distrik het ‘n slaag-persentasie van 74,2% aangeteken met ‘n afname van 4,1%;
• Die Frances Baard Distrik volg met ‘n slaag-persentasie van 73.9% met ‘n verhoging van 1,8% en; • Die John Toalo Gaetsewe-distrik het ‘n 73,7% slaagpersentasie aangeteken met ‘n verhoging van 5,7%;
Die Namakwa-distrik is die provinsie se toppresterende distrik. Die John Toalo Gaetsewe-distrik het die hoogste verbetering in die 2023 NSS-eksamen aangeteken.
 Die Hopetown en Prieska Hoërskole in die Pixley Ka Seme Distrik het die afgelope vyf jaar ‘n 100% slaagsyfer gehandhaaf.
Ander skole met ‘n 100% slaagsyfer is: 
Futurum Academy (Frances Baard), Calvinia HS (Hantam), Douglas HS, Hopetown HS,  Prieska HS, Noupoort Christian College, Hotazel PS en Sediba Academy (Pixley Ka Seme).