Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Oppitongaf is ‘n bekende nasionale platform wat aan skoliere die geleentheid bied om hul sprekervaardighede te ontwikkel.
  Daar word verskillende afdelings van openbare redevoering aangebied, naamlik verskillende tipes toesprake en spanredenaars.
Leerders kan in Engels en Afrikaans deelneem. In al die afdelings word provinsiale wenners aangewys, wat deurding na die nasionale finaal. Dit word gewoonlik by die Midstream College aangebied en is ‘n glansgeleentheid. 
Vorster Venter, die dinamiese mede-eienaar van Oppitongaf, het op 25 Januarie 2024 ‘n spanredenaarskursus by Hoërskool Duineveld aangebied. 

Sowat dertig leerders en onderwysers van Hoërskool Duineveld, Laerskool Oranje-Noord, Voorbereidingskool Fanie Malan en Laerskool Op die Voorpos het  die kursus bygewoon. 
Doktor Rooies Andrianatos, ‘n  groot voorstander van die gebruik van suiwer Afrikaans, het in sy verwelkoming genoem dat dit vir hom baie belangrik  is om alle moontlike opleidingsgeleenthede vir die leerders te bied. Hy het vir Anschen van Blerk bedank, wat namens die  ATKV-tak Rooiduin, die kursusgangers  met heerlike kospakkies bederf het.
Hierdie is die eerste projek van 2024, wat  die ATKV-tak Rooiduin aanpak. Sluit by die ATKV aan en weesdieverskil#