Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-TOPLINE: Die LUR van Onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, het die Topline Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu-distrik besoek, nadat die gemeenskap  die skool gesluit en leerders toegang tot die skool geweier het.
Hulle het die verskuiwing van hierdie skool in die gemeenskap geëis.
Ouers het geweier  dat hul kinders in “‘n onveilige hawe verkeer vir geleerdheid”. 
Daar word aangedring dat ‘n nuwe skool in die woonbuurt gebou word, sodat die leerders veilig kan wees en nie elke dag die lang roete in die 39grade son hoef deur te maak nie. 

Die huidige gebou - genaamd die waterwese ‘kampound” is geskenk aan die department in die vroeë 1980’s.
Die gebou is glo iewers in die vroeë 1940’s opgerig vir die bou van die kanaal. 
“Daardie gebou is besig om uitmekaar te val. Mure kraak en sinke skeur los - terwyl ander alreeds afgewaai het.. Die klaskamers het gate in.”
 Na besoek van die LUR het die SBL, Ontwikkellingskomitee en ouers  vergader  en ooreengekom dat kinders terug sal keer- tot verdere kennisgewing. 
“Alhoewel baie van die ouers  nie gelukkig is met die besluit, het hulle wel  ten gunste gegaan op die volgende voorwaardes.
1. Die Department van Onderwys moet spoedig ‘n gebou inspekteur aanstel - om na die gebou te kyk en dan ‘n amptelike brief uitstuur wat sê of die skool veilig is. 
2. Dat die department binne 21dae moet terugkeer met relevante antwoorde vir die skool/ouers/gemeenskap. 
“Die Departement sal ‘n deeglike beoordeling van die eise doen en sal binne 21 dae oor die vordering verslag doen. 
Toe skole veronderstel was om op Woensdag 17 Januarie te heropen, was die hek na Topline Primêre Skool versper en klasse gesluit. 
Die skool het Donderdag en Vrydag ’n gemeenskaplike program aangebied vir die groep van 30 tot 70 leerders wat by die skool opgedaag het. Maar terwyl die skool gesluit was, was dit onmoontlik vir normale onderrig en leer om plaas te vind.
Die skool het ‘n kurrikulumherstelplan ontwikkel, wat vanaf volgende week geïmplementeer sal word.