Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-NOENIEPUT: Rolspelers  het ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien ná ernstige kommer oor asbesbesmetting by die Laerskool Noenieput-gebou in die ZFM-distrik.
‘n Toesighoudende inspeksie wat laat verlede jaar gedoen is, het bevestig dat kwesbare inwoners in die gebied die gebou beset en ander stroop die skool van materiaal wat vir konstruksie gebruik kan word. 
Hierdie strukture is met asbes besmet en hou ernstige gesondheidsbedreigings in vir die omliggende gemeenskap, veral diegene wat op die perseel woon en diegene wat die skoolinfrastruktuur plunder.
Alhoewel die gebou nie veilig is om as ‘n skool gebruik te word nie, is die versuim deur die onderwys- en paaie- en openbare werke-departemente om regstellende stappe te begin, kommerwekkend. Die gebou moet beveilig word om die verdere verspreiding van asbesbesmetting te keer.

Die kwessie is glo in Maart verlede jaar onder die LUR vir onderwys, Zolile Monakali, se aandag gebring. 
Die departement is versoek om ‘n onmiddellike ingryping te loods - om die skoolgeboue teen vandalisme te beskerm en dat herstelwerk van vervalle of stukkende infrastruktuur uitgevoer moet word. 
Tot op hede is daar nog geen optrede van die provinsiale regering gesien om die asbesbesmetting by die ou skoolgebou uit te roei nie.
Daar is weer ‘n versoek vir beide hierdie departemente ingedien - om te verduidelik wie verantwoordelik is om verantwoording te doen vir die toestand van die skoolgebou.
Dit is onaanvaarbaar dat beide die departemente van onderwys en openbare werke toegelaat word om voort te gaan om verantwoordelikheid vir die uitwissing van asbes by Noenieput Primêr te ontduik.
Die gebrek aan ver-antwoordbaarheid en optrede dui waarskynlik daarop dat die provinsiale regering nie omgee vir die opvoeding van leerders of die gesondheid en veiligheid van die Noenieput-inwoners nie. 
Nou hoop die inwo-ners  dat die klagte aan die SAMRK daartoe sal lei dat die departemente van onderwys en paaie en openbare werke uiteindelik ver-antwoordelik gehou word vir jare se verwaarlosing.