Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die John Taolo Gaetsewe Distriksdepartement van Onderwys en Kathu Solar Park, het 'n Wiskunde- en Wetenskap-inisiatief by meer as 50 gemeenskapskole ingestel.
 'n Omvattende Wiskunde- en Fisiese Wetenskap-ondersteuningsprogram, in lyn met die KABV-kurrikulum, is tans aan die gang in die Kathu/Kuruman-area, wat nagenoeg 42 000 leerders sal bevoordeel
Na die suksesvolle bekendstelling van hierdie Wiskunde- en Wetenskapprogram, met 'n groot impak in Mei 2023, het die tweede fase van die program aan die einde van verlede jaar begin. 
Tydens die amptelike bekendstellingsgeleentheid, wat in Kuruman gehou is, is IKT-toerusting (inligtingskommunikasietegnologie) aan verteenwoordigers van die betrokke skole, oorhandig.

Hulle het ook opleiding ontvang oor die gebruik van HeyMath-sagteware. Die program behels die verskaffing van noodsaaklike hardeware vir elke skool, insluitend ‘n totaal van 100 skootrekenaars en 100 projektors, toegerus met HeyMath en HeyScience sagteware en toepassings. 
Die primêre doelwitte daarvan is om opvoe-ders se inhoudskennis te verdiep en hul IKT-vaardighede te verbeter
Gefokus op STEM (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde), is die program daarop gemik om leerderdeelname in Wiskunde te verhoog, studente-uitkomste te verbeter, die gehalte van Wiskunde-resultate te verhoog, en monitering en ondersteuning aan opvoeders te verskaf.
Die positiewe ontvangs van die opvoeders tydens die opleiding het hierdie program se potensiaal beklemtoon, naamlik om vakaanbod in skole te verbeter en leerders in die distrik aansienlik te bevoordeel
Cheryl Persensie, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir Kathu Solar Park, het gesê, “Die impak van die program sal noukeurig gemonitor word, deur leerdervordering van die onderskeie skole en die Departement van Onderwys te ontleed. Hierdie uitkomste, in lyn met die prioriteite van die Departement van Onderwys, sal toekomstige ondersteu-ningsinisiatiewe rig en inlig, soos tydens die eerste fase van hierdie hoë-impak STEM-skoolintervensie gedoen is.”
Die John Taolo Gae-tsewe-distrik sluit 172 skole in; dus sal hierdie intervensie sy ondersteuning betekenisvol kan bydra tot meer as 20% van skole regoor gemeenskappe in hierdie streek.
Die Distrik het reeds ‘n behoefte aan meer skole geïdentifiseer om hulp te ontvang, om wiskunde-uitkomste te verbeter en het ‘n begeerte uitgespreek om bykomende skole in te sluit, om positiewe verskuiwings in prestasie te dryf.