GEMSBOK-LOUISVALE: Die Gesamentlike Tegniese Hoofkwartier - Bambatha Geweereenheid van die SANW, het die skool besoek en die leerders gemotiveer onder die tema, ”Hoop vir ons toekomstige leiers”.
Die weermag het ‘n formele program aangebied waar hulle die jeug toegespreek het. “Ons oorhandig hierdie skoene aan die wat dit die nodigste het uit ons eie sakke, om groot spore uit te trap en die leiers van die toekoms te wees, aldus luitenant kolonel De Lange.
Hulle het ook ‘n dril vertoning gelewer, die leerders verduidelik rondom die nasionale vlag en ook ‘n vlaghysingseremonie gehou om die korrekte wyse te verduidelik.
“Leierskap gaan nie oor titels of posisies nie. Dit gaan oor verantwoordelikheid, diens en visie. Dit gaan meer oor luister as praat, en optree wanneer ander huiwer. Dit gaan daaroor om ander op te hef terwyl jy klim. Ons glo in jou. Ons hoop in jou. En nog belang-riker, ons staan saam met jou – gereed om te lei wanneer nodig, maar ook om terug te tree en jou te laat lei wanneer jou tyd aanbreek. So droom met vrymoedigheid. Lei wyslik. En moet nooit vergeet dat die grootste leiers diegene is wat ander met nederigheid, moed en hoop dien nie. Hier is vir julle – ons toekomstige leiers. Die wêreld wag. Maak dit beter”, aldus mnr. Wally Cloete (prinsipaal )