Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Hoërskool Aggeneys  het die afgelope naweek behoorlik die vloer gevee met Hoërskool Carlton-Van Heerden se o.19-rugbyspan
 Carlton kon net nie al die gate toestop teen die swarttruie, wat  die wedstryd met 53-10 gewen het nie. 
Met rustyd was Aggeneys voor met 24-10 en in daardie stadium van die wedstryd het hulle teen ‘n sterk wind gespeel. Met die omdraaislag het hulle Carlton so te sê in ‘n stewige wurggreep gehad, waaruit  die bloues net nie kon los kom nie. 
Aggeneys se groot uitblinker was hul linkervleuel, Lorenzo Snyers, wat vyf keer oor die doellyn gaan kuier het. 
Die wenspan se Johan Jannetjies (2), Loyiso Cloete en Nathan Mostert het die ander drieë gedruk. 
 Vir Carlton het Damian Oliphant, hul losskakel, goed vertoon. Emmanuel Beukes het Carlton se enigste drie gedruk en Oliphant het met die doel en strafdoel geslaag.