Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Saterdag, 27 April 2024. bied Noord-Kaap Sierduifvereniging hulle streekskou aan in Upington op die skougronde in die Max Minnaar saal. 
Daar word 428 duiwe geskou deur 35 vertoners wat 45 rasse vertoon!. Daar is van die grootste rasse, Runts en Gross mondains, tot die kleinste ras, die Portugese tuimelaar! Verto-ners uit sewe provinsies kom neem deel aan die skou. 
Hierdie jaar is die streek bevoorreg om ook die Modena Prestige Skou aan te bied saam met die streekskou. Daar word 89 Modena’s  vertoon deur 9 Modena telers. Van die beste Modena’s in die land neem deel aan die skou. Dit is die ras met die meeste kleure, ‘n moet om te kom kyk.

 
Saterdag is daar ook ‘n duiweveiling, stil-veiling, van 64 duiwe.  Die veiling begin vanaf 9:00 tot 12:00 Enige duiweliefhebber kan hier vir hom of haar of vir die kinders goeie kwaliteit duiwe kom koop. Die kontakpersoon is Gert Smuts by 076 057 7526. 
Die ideaal van elke duiweteler is om in sy spesifieke ras, die raswenner te teel en te vertoon. Die raswenners van alle rasse op ‘n skou ding dan mee om die Top 7. Die kampioenduif word uit die Top 7 raswenners aangewys en die res van 1ste Reserwe tot 6 de Reserwe. 
Uit die groep word dan ook die Beste Jongduif aangewys. Juniors vanaf 6 tot 18 jaar neem ook deel, maar skou apart. Daar word ook raswenners aangewys en hieruit word slegs ‘n Top 2 aangewys. 
Die Kampioenduif verlede jaar was die King van Hein Boshof van Wes Transvaal, Makwassie. Baie telers ding mee om die titel. Hein sal sy sit-en-opstaan moet ken om weer daardie posisie te behaal. Baie rasse klop aan die deur!
Die opening is om 08:00  en daarna begin die beoordeling. Die Top 7 sal ongeveer 13:00 aangewys word. 
Die hoofbeoordelaar is Pieter Neethling van Malmesbury met twee senior beoordelaars naamlik Chris van der Walt van Bloemfontein en Chris de Bruin van Pretoria. Die twee beoordelaars vir die Prestige skou is Jan Lombaard en ook Chris de Bruin, beide van Pretoria.  
Die publiek word uitgenooi om Saterdag die skou te kom bywoon. Toegang is gratis. Heerlike koffie en tee sal beskikbaar wees.