Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die tweekamp kampioenskappe van 2024, wat op 29 en 30 Maart in Bloemfontein plaasgevind het, was die grootste byeenkoms in die 47-jarige geskiedenis van die glans geleentheid. Meer as 965 atlete het meegeding vir die titel van beste tweekamp-atleet in Suid-Afrika. Hierdie jaar was ‘n puik jaar vir die Griekwa span wat meer as 100 atlete gehad het wat in hierdie wonderlike gesinsport kompeteer het. 
Gesinne het saam meegeding, wat een van die redes is waarom hierdie sport so gewild is. 
Tannie Bossie Breedt (masters 70+) wat vierde geëindig het, het saam met haar kleinseun Phillip Riley deelgeneem, wat net weereens wys die sport bring families en mense saam op die baan.

 
Upington kan baie trots wees op die volgende atlete wat medaljes huis toe bring: 
Gea Maart (dogters o/13) brons, Dine Joubert (spesiale behoeftes) goud, Henri de Klerk (spesiale behoeftes) goud, Johan Louw (seuns o/19) goud. 
Griekwaland Wes eindig ook 4de in die provinsiale kompetisie.
Laerskool Oranje Noord het ‘n uitstekende 10de plek behaal in die laerskole kompetisie,  met meer as 106 laerskole wat ingeskryf was. Hoërskool Upington het ‘n pragtige 7de plek behaal, met Duineveld 15de uit 94 skole wat in die Hoërskole kompetisie ingeskryf was. 
Upington kan baie trots wees. Die seisoen het nou tot ‘n einde gekom, maar begin weer aan die einde van September. Alle atlete word uitgenooi om te kom deel neem aan hierdie wonderlike familie sport.