Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 
 Quinton Opperman, ‘n 26 jarige Upingtoner is onlangs aange-stel as die  Vaardigheids / Kondisionering en Agterlyn afrigter vir die Novavit Griffons.
Quinton het aan die Duineveld Hoërskool  in 2016 matrikuleer,waar hy   vir die eerstespan - bekend as die “ WITTES “ - in 2015- 2016 uitgedraf het as losskakel. Hy het ook vir die Griekwa-skolespan uitgedraf.

 In 2017 het Quinton afgeskop met sy 3 jaar diploma in Sport wetenskap en  in 2018 het hy sy afrigtingsloopbaan begin  as o/6 - o/9 rugby afrigter by Laerskool Panorama ( Kaapstad ).
Nadat hy sy diploma voltooi het, het hy vir ‘n jaar - interskap by SWD Rugby Union aangesluit .
Met sy sport wetenskap graad in die hand, het hy teruggekeer na Duineveld, waar hy die WITTES se  skop en vaardighede afrigter was.
Gedurende dieselfde tyd was Quinton ook ‘n DFC assistent en dis waar hy in die eerste seisoen sukses behaal het by
DFC ( Tri - Nation kompetisie ) - wat spanne soos Kakamas en Kenhardt insluit . 
Vir die eerste keer in 5 jaar word DFC as ZFM Sub Unie Rugby Liga wenners gekroon - onder afrigters Hercholl Johnson en Quinton.
Dis toe waar die oog op Quinton val en hy ‘n geleentheid aangebied is om sy buiging te maak as die Griffons Rugby Unie O/21 ‘s Currie Cup Vaardigheids/Kondisionering afrigter.
 Hy het verlede jaar by die Melkbosstrand Hoërskool gaan uit help  en nou is hy weer terug by die Griffons - hierdie keer as die senior span se  Vaardigheids / Kondisionering en Agterlyn afrigter.
Quinton is opgewonde oor die jaar en sy eerste wedstryd - wat afskop op 24 Maart teen Greens in die SA Cup.
 Later in die jaar begin die Currie Cup Premier liga -  waar spanne soos die Blou - Bulle , WP en Sharks meeding .