Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Upington Dorp moes Saterdag ‘n verwoestende aanslag van Defence Force Collegians (DFC) die hoof bied in sy eerste ZFM-ligawedstryd op die Unieveld. 
Dorp het uiteindelik net-net oor sy eerste hekkie gekom om met 31-26 te wen. Met rustyd was hy met 10-7 voor. 
Die donkerbloues se groter en swaarder agtal het sy teenstanders swaar laat leef in die vasteskrums. 
DFC het ‘n moedige stryd in hierdie afdeling van die spel gelewer.

 
Dorp se slot Crynauw Day, die kaptein en flank Lian Liebenberg en die agsteman Gustav Bester het met uitmuntende spel vorendag gekom. 
Die speler wat kop en skouers bo die res uitgetroon het was DFC se skitterende flank Thabang Chinduro. 
Hy was ‘n doring in Dorp se vlees. Die frisgeboude nommer sewe-flank was oral op die veld met sy verwoestende stormlopies en rotsvaste verdediging. 
Wat ‘n speler van gehalte! DFC se haastige linkervleuel Mervyn van Rooi het met sy groot vaart Dorp se spelers na vars lug laat gryp toe hy twee pragtige solo-drieë gaan druk het. “Rugby het vandag gewen. 
Die pragtige sportmangees onder hierdie twee spanne is ‘n ware getuigskrif van karakter en talent wat ‘n mens se hart so lekker laat klop vandag (Saterdag),” het ‘n spanbeampte van DFC na afloop van die klipharde kragmeting gesê. 
* PUNTE: Dorp se drieë is gedruk deur hul losskakel Cobus van Niekerk, Siphe Msebenzi (2) senter, en Desmond Louw (loskopstut). 
Connie de Jager (skrumskakel) het met vier doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag vir ‘n persoonlike bydrae van 11 punte.
 * DFC se Mervyn van Rooi (2), Ceanan Strauss en Thabang Chinduro het drieë gedruk. 
Whirlvon van Rooi (2) en losskakel Garmon Green het met die doelskoppe geslaag. 
Green is in die 30ste minute met ‘n nekbese-ring na die hospitaal gebring maar het volgens die spanbestuurder weer goed herstel.
 “Niks ernstig nie”, het hy gesê.
 * Berig: Nick Pretorius