Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dowwe Dolla se ouma het verlede week ‘n Kaapse draai in die stad gemaak en dié tante se sêgoed het die vol saal laat skater.
Dié optrede op Donderdag 19 Junie in die Portugese Saal was ten bate van Hoërskool Wesvalia se netbal. Volgens die organiseerder, Lina van der Merwe, was dit ‘n groot sukses. Die vertoning is deur sowat 200 mense bygewoon. “Margit is net in ‘n ander klas. Sy het die mense uit haar hand laat eet,” sê Lina.













