Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit was ‘n oggend van lag, musiek en lawwe uitrustings vir die inwoners van Anistemie toe die bekende stilis Sandra Taljaard hul besoek.
Sandra het in Orkney grootgeword en einde Junie na haar wortels teruggekeer vir ‘n radio-onderhoud met Barbara Payne op Life FM, die bekendstelling van Petro Kotze-Odendaal se boek, Wanneer die krieke stil word, en ‘n glansoggend by Anistemie. Dit was vir haar ‘n lekker “trip down memory lane’’ en sy is veral beïndruk met die modeparade deur die inwoners van Anistemie.













