Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Markte en Pretlope se volgende mark by Pick n Pay Hipermark is op Saterdag 28 Junie van 09:00 tot 14 00.
Die hoofdoel van die mark gaan wees om geld in te samel vir die Orkney en Klerksdorp Diereskuiling. Volgens Tinus van Staden, organiseerder, is die skuiling vier keer vanjaar oorstroom en het die instansie groot skade gely. Nou is dit winter en dit is belangrik dat daar fondse beskikbaar moet wees om hul verpligtinge na te kom.
Diane Jacobs, bestuurder, sal in “aanhouding” wees vir ‘n borgtog-insameling tussen 09:00 en 14:00. Sy sal vrygelaat word as ‘n bedrag van R2 500 ingesamel is vir haar vrylating.
Ondernemings en die gemeenskap van Klerksdorp word genooi om deel te wees van die insameling en skenkings te maak sodat die mark kan help om die skuiling by te staan. “Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan die projek nie suksesvol wees nie. Kom ons wys ons gee om en word deel van die projek,” sê Van Staden.
Honde- en katkos sowel as komberse kan ook na die mark gebring word. Daar sal sowat veertig uitstallers wees wat gereed sal staan met ‘n groot verskeidenheid heerlike kos- en snuffelstalletjies. Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar.
Skakel Tinus vir navrae en stalletjiebesprekings by 083 294 8077.
Plaaslike skrywer se eerste radiodrama opgevoer
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dink aan Vyfster vir die radio.
Dit is hoe die skrywers van Die Laaste Ontsnapping, die RSG radiodrama wat Donderdagaand 19 Junie op die lug uitgesaai word, die drama vinnig beskryf.
Dokter sterf ’n dag na sy verjaardag
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dr Tinus Maartens is onverwags vandeesweek oorlede.
Dr Maartens het bykans veertig jaar as mediese dokter gepraktiseer en was geliefd onder sy pasiënte.
Hy het op Sondag 8 Junie sy 78ste verjaardag saam met familie gevier wat hom vir ete uitgeneem het. Hy is die volgende dag skielik by sy huis oorlede.
Volgens sy dogter, Lize Maartens, het haar pa onlangs longontsteking onder lede gehad, maar het herstel. “My ouers was by die huis. My ma was net gou uit die slaapkamer en toe sy terugkeer, was hy reeds weg,” sê sy.
Blankets needed for winter’s icy blasts
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The icy blast of winter is making itself felt - bringing the need for blankets and food to destitute people.
This week’s bitter cold in many parts of the country have emphasised the importance of donating blankets and food. This early cold snap has the Bikers Care organisation in Klerksdorp organising a blanket run on Thursday July 3.
Ons laat Afrikaans leef
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die 100ste bestaansjaar viering van Afrikaans word volgende week in Klerksdorp gevier.
The B Gallery in samewerking met Klerksdorp Boekefees reel ‘n aand van kuns, musiek, skryfwerk en digkuns op 20 Junie by Verdant in Ianstraat.
Sien uit na ‘n aand van heerlike geselskap, gedigte en kortverhale voorlees, foto’s kyk en skilderye bewonder met lekker kos en wyn. Die digter Alwyn Roux kom ook met Stefaans Coetzee gesels oor die nuwe versamelbundel van Afrikaanse gedigte, Merang wat vir die viering van 100 jaar van Afrikaans saamgestel is.
Klerksdorpers wat bydraes vir ‘n Klerksdorp Boekefees bundel gestuur het, sal ook genooi word na die spesiale aand van samesyn en om die liefde vir Afrikaans te vier.
Kaartjies is R50. Kos- en drinkgoed is te koop. Stuur ‘n whatsapp na Salomé (0798767616) vir bespreking.









