Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Eloff is bekend vir sy weergawe van Anneli van Rooyen se “Neem my op vlerke”. Hy het die liedjie ritme gegee en laat toe dat mense heerlik kan dans daarop. Hy noem die liedjie slegs “Vlerke”. Van sy ander liedjies is “Johnnie Blou”, “Koue Kole’ en “Witblits”. Die jong ster is op Vrydag 5 Julie op die verhoog van die Escapadesteater by Rio Casino. Die kaartjies kos R180 elk en is by C-Thru Glass and Aluminium, Williamsstraat 44 in Wilkoppies te koop. Gereserveerde plekke word verkoop. Meer inligting van Artistique Productions by 083 716 5495. Foto: Facebook.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - There’s already a lot of confusion about what the two-pot system is and how it will work. Fund members, remuneration practitioners, unions and other stakeholders are all seeking answers ahead of its implementation on 1 September this year. Even fund administrators need information - albeit of a more technical nature - to ensure they and their operations are ready in time.

Read more …New two-pot retirement system explained

Die lang wintervakansie is hier en ek is oortuig baie ouers is al klaar hande in die hare oor hoe om die jongklomp besig te hou. Mens wil darem ook nou nie die kinders die hele dag aan die genade van televisie of selfone oorlaat nie, en soms maak die koue dit regtig onmoontlik om hulle buite te laat speel. Daarom is dit goed om jouself te bewapen met genoeg vir die kinders om te lees en te doen binnenshuis. Penguin Random House SA en Lapa Uitgewers het pas ‘n klompie boeke vrygestel wat jou kinders se vakansie kan help opkikker.

Die beste raaiselboek 2 
(Heidri Mittendorf. Illustrasies deur Nicole Hein)
Die boek bevat heerlike blokkiesraaisels, woordsoeke, prentjiesomme en talle ander raaisels. Woordoku is ‘n interessante konsep waar letters (wat ‘n woord maak) in plaas van die gewone nege syfers gebruik word. Dis so bietjie moeiliker as wat mens sou dink, hoor! Rebus-raaisels is opvoedkundig en werk met saamgestelde woorde, terwyl raaikettings met sinonieme werk. Daar is ook prentjiesomme en Soek en Pas. Boonop is die lekker illustrasies ook geskik vir inkleur en is die antwoorde op al die raaisels agter in die boek.
Hierdie aktiwiteitsboek sal kinders konstruktief en prettig besig hou, maar ook bietjie Afrikaanshersiening so onder die dekmantel van speel doen.

 

 

More Articles …