STELLALANDER-STELLA: Die gewilde Stella Slagos en Stella Interras-slaglamkompetisie het op 14 en 15 Oktober by die veilingskrale in Stella plaasgevind en weereens groot belangstelling uit die gemeenskap gelok. Op Dinsdag, 14 Oktober, is 220 lammers en 125 osse ingeweeg, waarna die beoordeling van die lammers op die hoef gedoen is.
Die Superlam op die hoef is gewen deur Ina Mentz van Stella met ’n Ille de France, terwyl André Bezuidenhout die Reserwe Superlam-titel met nog ’n Ille de France verower het. Die algehele wenner van die Interras-slaglam op die hoef was JJ Botha van Piet Plessis met ’n Dorper/Ille de France-kruising, en die Reserwe Interras-slaglam is aan Boytjie Crispin toegeken.
Vryburg spog met top-prestasies by karate-toernooi
STELLALANDER-VRYBURG: Vryburg se karateka’s het die afgelope naweek weer gewys waarvan hulle gemaak is tydens ’n kampioenskapstoernooi in Heidelberg, Gauteng. Al die deelnemers het met medaljes huis toe gekom, ’n bewys van die hoë standaard van karate in die dorp.
Sterprestasies deur Vryburg se jong fietsryers by kampioenskappe
STELLALANDER-VRYBURG: Die afgelope naweek (11 en 12 Oktober) het die Nasionale Fietsrykampioenskappe by die Hoërskool Merensky in Tzaneen plaasgevind, waar Laerskool Vryburg met trots hul kleure gaan wys het.
Dubbel trots vir VHS se ster-atlete
STELLALANDER-VRYBURG: Hoërskool Vryburg is besonder trots op twee van hul uitmuntende atlete, Ané Putter en Keelan Tietus, wat die skool met trots verteenwoordig het tydens die Wildeklawer Grey Oranje Atletiekbyeenkoms wat die naweek van 18 Oktober in Bloemfontein by die Mangaung Atletiekstadion plaasgevind het.
Ané het uitstekend presteer deur derde plek in gewigstoot en vierde plek in hamergooi te behaal, terwyl Keelan die goud gewen het in die 400 m hekkies en silwer in die 400 m.
Ikoon van SA-komedie bekroon
STELLALANDER-VRYBURG: Presies drie dekades nadat “Hie’ kommie Bokke!” in 1995 tydens die Springbokke se historiese Rugbywêreldbeker-oorwinning oor die All Blacks op die destydse Ellispark in elke huis en motor opgeklink het, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ’n eretoekenning aan Leon Schuster oorhandig vir sy lewensbydrae tot Afrikaanse musiek, rolprente en radiowerk.








