BRITS POS – BRITS – ‘n Kleuterskool speel ‘n belangrik rol in die ontwikkeling van kleuters - dis ‘n noodsaaklike fondament wat die verhoog kan bied vir ‘n leeftyd van leer en sukses.
Voorskoolse onderwys kan kinders se lewens aansienlik beïnvloed deur akademiese prestasie te verbeter en om sosiale en emosionele vaardighede te verbeter.
Kenners is van mening dat kleuterskole ‘n deurslaggewende rol in die ondersteuning van die sosio-emosionele welstand van kinders speel.
‘n Moontlikheid van reën die naweek
BRITS POS – BRITS – Met die kwik wat die week nog so hoog as 38ºC gaan styg, gaan die reën wat moontlik vanaf Saterdagaand verwag word, ‘n aangename lafenis wees.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat daar tussen Saterdagaand en Dinsdag ongeveer 60mm reën verwag word, met temperature wat heelwat laer is.
BRITS EEUFEESVIERING 100-jaar-herdenkingsmonument onthul
BRITS POS – BRITS – Almal word uitgenooi om eerskomende Saterdag, 21 Oktober Brits se Eeufeesviering by Laerskool Brits te kom vier.
Maar dit is nie al nie, ‘n nuwe monument word onthul en ‘n klipstapel word opgerig waarin ‘n tydkapsule begrawe word wat eers oor 50 jaar oopgemaak sal word en elkeen kan ‘n ronde klip, nie groter as jou vuis nie, waarop jou naam geskryf is, saambring wat in die klipstapel geplaas word.
BRITS EEUFEESVIERING Inskrywings sluit Saterdag, 14 Oktober
BRITS POS – BRITS - Die FAK vier hierdie jaar eeufeesviering saam met die Brits-gemeenskap en daarom het ons besluit om ’n erfenisgedenkmuur op te rig vir hierdie geleentheid.
Op die muur kom daar ’n erfenisbakenskaart van Brits asook ’n gedig oor Brits self. Ons het besluit om ’n kompetisie te loods vir die beste gedig oor Brits wat op die muur geplaas sal word.
Hierdie kompetisie is slegs oop vir leerders wat skoolgaande is en in Brits bly. Die kompetisie sluit op 14 Oktober 2023.
Rooistinkhout – ook ‘n ornamentele boom
BRITS POS – BRITS- “Die rooistinkhout, Prunus Africana, is een van Suid-Afrika se beskermde boomspesies,” vertel Henry Francis, voorsitter van Pilanesberg Dendrologiese-vereniging.
“Die besondere boom kom vanaf die noorde van Zimbabwe tot in die suide van die Oos-Kaap voor. Die rooistinkhout is nie familie van die witstinkhout, Celtis Africana, nie. Hy groei in immergroen bergwoude en klowe, meestal in die misgordelgebiede. “Hy kom ook plek-plek voor in die Magaliesberg, maar as gevolg van die stroping van die bas vir medisinale gebruike, is hy nou ‘n baie skaars en seldsame boom. Indien jy hom sou raak loop in die Magaliesberg kan jy jouself baie gelukkig ag,” sê Francis.