BRITS POS – BRITS – Brits Rusoord-inwoners het Saterdag, 2 Maart besoek ontvang van Harties Biking Council (HBC) en daar is lekker gekuier.
Die inwoners is met worsbroodjies en iets te drinke bederf en almal het lekker saam gekuier.
Die HBC is n plaaslike instansie wat uit agt motorfiets klubs van Brits en Hartbeespoort bestaan. Hulle hou jaarliks ses byeenkomste om fondse vir liefdadigheid in te samel - die Ratcrawl, Frozen butt, Tin4Tin, Lenterun, HBC 1000 en die Toyrun.
Monique beslis ‘n trouvrou
BRITS POS – BRITS – Die pragtige Britsie, Monique Best, was een van agt vroue landwyd wat vir die tweede seisoen van die gewilde VIA-reeks Houvrou of Trouvrou-program gekies is en algeheel derde geëindig het.
“Dis was ‘n wonderlike ervaring. Dit was 10 dae wat gevul was met emosies, humor en natuurlik die daaglikse en verrassende uitdagings,” vertel Monique. “Vandag se modern trouvrou se hande moet letterlik vir niks verkeerd staan nie en sy moet ‘n rolmodel én steunpilaar vir haar man en gesin kan wees.”
Flambojante ontwerpe by Floret
BRITS POS – BRITS – Die eerste byeenkoms van Floret Blommeklub se lede het op 18 Januarie plaasgevind en daar was interessante ontwerpe met die tema “Rapsody in Blue.”
Die demonstrasie was deur Sinie Otto, voorsitter van die klub aangebied en sy het op lyne en vorms gefokus.
Aan kreatiewiteit was daar geen tekort nie en algemene items in die huis, motorhuis en uit die tuin is in die ontwerpe gebruik. Lede se ontwerpe het die tema “Rapsody in Blue” perfek uitgebeeld.
Vreugde by Xanadu
BRITS POS – HARTBEESPOORT – By die Xanadu-landgoed in Hartbeespoort gaan dit goed, nadat die straatligte van 850 huishoudings herstel en aangeskakel is.
“Alhoewel die landgoed binne die Madibeng munisipale gebied val, is die spesifieke area by die Tswane-metro se kragnetwerk ingeskakel,” vertel Gullaume Clouston, VF Plus-raadslid in die Madibeng plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi.).
PRACTICE WHAT YOU PREACH
Law requires wage of R27.58/h
while government only pays R15.16/h
to workers in state programmes
BRITS POS – BRITS - It’s election year and we recognise that rational decisions aren’t being made, but rather populist and emotional ones.