Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) die heel eerste Omgewingsbestuursinspekteur (EMI)-dag op 20 November 2025 gevier.
Hierdie jaarlikse viering vorm deel van die DFFE se EMI-handelsmerkbevorderingstra- tegie, wat daarop gemik is om die publiek se bewustheid te versterk op die belangrike rol wat Omgewingsbestuursinspekteurs speel.
Die omgewingsbestuursinspekteurs, algemeen bekend as die Groen Skerpioene, speel ‘n be- langrike rol in die bestuur van Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis.


As ‘n geakkrediteerde EMI-instelling het SANParke ‘n aansienlike aantal EMI’s in sy nasionale parke in diens. Hierdie toegewyde amptenare werk onvermoeid om biodiversiteit te beskerm, omgewingswetgewing af te dwing en die integriteit van beskermde gebiede te handhaaf.
EMI-dag bied ‘n nasionale platform om hul bydraes, kundigheid en daaglikse bedrywighede in die bewaring van die land se natuurlike omgewing ten toon te stel. Verskeie parke het saamgespan om hierdie belangrike dag op die bewaringskalender te vier. 
Dit het sigbare wetstoepassingsope- rasies ingesluit wat in lyn is met vanjaar se tema: “Groen Skerpioene: Die Beskermers van die Omgewing vir Toekomstige Geslagte.”
Hierdie aktiwiteite is daarop gemik om die openbare sigbaarheid van EMI’s te verbeter en bewustheid te verhoog oor die noodsaaklike werk wat hulle elke dag verrig. 
Van die af-dwinging van omgewingswette tot die bekamping van wildmisdaad, bly die Groen Skerpioene ‘n noodsaaklike krag in die be- skerming van Suid-Afrika se beskermde gebiede vir toekomstige geslagte.