GEMSBOK-CALVINIA: As deel van die voortgesette Operasie Veiliger Feesseisoen, het lede van Nieuwoudtville SAPD, ondersteun deur Calvinia Misdaadintelligensie, twee suksesvolle operasies uitgevoer wat onwettige drank- en dwelmaktiwiteite in Nieuwoudtville geteiken het.
Die gesamentlike operasies is uitgevoer vanaf 20:00 op 13 November 2025 tot 06:00 op 14 November 2025.
Tydens die eerste operasie is ‘n onwettige sjebien deursoek, wat gelei het tot die inhegtenisneming van ‘n 46-jarige man vir die handel in onwettige alkohol. Drank ter waarde van ongeveer R990-00 is gekonfiskeer, sowel as kontant wat vermoedelik die opbrengs van onwettige verkope is.
In die tweede operasie is ‘n 53-jarige man in hegtenis geneem vir die handel in dwelms en alkohol. Polisie het kontant, wat vermoedelik deur onwettige verkope ge- genereer is, sowel as dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R23 099-70, gekonfiskeer.
Hierdie arrestasies en beslagleggings demonstreer die SAPD se onwrikbare toewyding om onwettige bedrywighede te ontmantel en gemeenskappe gedurende die feestyd te beskerm.
Die Namakwa-distriks-SAPD sal voortgaan om die wet beslissend af te dwing en te verseker dat oortreders voor die gereg gebring word.
Die waarnemende distrikskommissaris, kolonel Moses Lekgwati, prys die kol- lektiewe poging om misdaad te bekamp.









