Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die SAPD in die ZFM-distrik het dwelmhandelaars ‘n swaar slag toegedien toe ‘n 55-jarige man op Vrydag 14 November 2025 in Groblershoop in hegtenis geneem en dwelms gekonfiskeer is.
Die niksvermoedende handelaar is by ‘n padblokkade voorgekeer met ‘n   besending dwelms met ‘n geraamde waarde van byna twee miljoen rand.
Die lede van Groblershoop Vispol was besig met ‘n padblokkade as deel van Shanela Operasie 2 hoëdigtheidsaksies buite Groblershoop toe die voertuig vir roetine-inspeksie voorgekeer is.


‘n Emmer met rys is in die voertuig gevind.
Die oplettende lede het ‘n deeglike inspeksie gedoen en mandrax-tablette met ‘n geraamde waarde van R1,3 miljoen onder die rys ontdek.
Met verdere deursoeking is Tik ter waarde van R293 916.66 en dagga ter waarde van R179 625.00 in versteekte kompartemente binne die voertuig gevind.
Die manlike verdagte is in hegtenis geneem, die dwelms is gekonfiskeer en die voertuig is in beslag geneem aangesien dit in die pleging van ‘n misdaad gebruik is. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Die distrikskommissaris van ZF Mgcawu, generaal-majoor Monica Sebili, het die uitstekende sukses van oplettende en waaksame lede van Groblershoop SAPD toegejuig. Sy het gesinspeel dat die polisie in die ZFM-distrik standvastig sal bly in wetstoepassing gedurende hierdie feestyd en daarna en dat dwelmhandel kragtig aangepak sal word.