Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KLEINSEE: Die Noord-Kaapse SAPD het die afgelope week op verskeie onwettige myners in die Namakwa-distrik toegeslaan.
Op 2024-01-09 om ongeveer 10:00 het lede van die SAPD se Vala Umgodi-span- saam met ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy - ‘n operasie in die Namaqua-distrik uitgevoer.
Die span het ‘n gebied deursoek - waar daar beweer word dat onwettige mynbou plaasvind.  Vier mans is in myngate gevind en in hegtenis geneem.
Twee ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers van 17 en 39 jaar oud, sowel as twee Suid-Afrikaanse burgers van 29 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van onwettige mynbou.

Read more …SAPD slaan toe op onwettige myners


GEMSBOK-VAN WYKSVLEI: Die polisie in die Noord-Kaap volg steeds ‘n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor dwelmverwante misdade. Drie (3) verdagtes is op Vrydag, 12 Januarie 2024 op verskillende plekke in die Noord-Kaap gearresteer.
Die polisie in Van Wyksvlei, het inligting van die publiek ontvang dat dwelms vanaf ‘n naburige dorp vervoer word.
Die polisie het die inligting geoperasionaliseer deur die geïdentifiseerde voertuig wat opgemerk is op pad na die dorp te monitor.

Read more …Dwelmsmouse vasgetrek

GEMSBOK-KEIMOES: Na afloop van ‘n brand wat Woensdagaand naby die RK Sending op Keimoes uitgebreek het, het gerugte dat die historiese gebou in puin gelê is, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. 
Die Gemsbok het met Meisie Pool, voorsitter van Afriforum Keimoes, gepraat om vas te stel of daar wel ‘n vuurtjie brand waar die rokie trek.
Pool het aan die Gemsbok vertel, dat die Keimoes Buurtwag Woensdag omstreeks 19:00 ontbied is na ‘n brand wat agter die bekende RC Mission Mill gebou op Keimoes uitgebreek het.
Die dig bebosde area agter die gebou het glo aan die brand geraak en spoedig in ‘n ernstige bedreiging vir die gebou geraak.

Read more …Brand bedreig historiese sendingstasie

GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: Dwelmhandel is kort na nuwejaar  ‘n knou op die Namibiese grens toegedien.
Tydens roetine-ondersoeke by die Vioolsdrift-inganghawe op Woensdag, 03 Januarie 2024 om 20:00, het lede ‘n vragmotor deursoek en vullissakke agter op die vragmotor gevind. 
Die vullissakke het 21 kg saamgeperste dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R250 000-00 bevat.
‘n 32-jarige Nami-biese burger is gearresteer vir onwettige handel in dwelms. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Read more …Dwelmhandel by grens gestuit

More Articles …